Search
Categories

Tuisblad

Feesdatum: 22-24 April 2015

Hoe bepaal ‘n buitestander die waarde van ‘n plattelandse skou? Besluit self!

Lichtenburgskou het spontaan ontstaan deur die betrokkenheid van die totale gemeenskap in 1917. Die plattelandse omgewing ten spyt, min mense, wisselvallige klimaatsomstandighede en ekonomiese wanbalanse kon egter nie die passie van ‘n baie entoesiastiese komitee onderkry nie en is hierdie Landbougenootskap vandag die toonbeeld van vooruitgang en selfonderhoud.

Met die naamsverandering na Lichiefees word die gees van aanpassing by die huidige tendense weerspieël. Ten spyt van die aanpassing by vooruitgang het die kern van die Landbou kompetisies nie agterweë gebly nie en figureer dit nog sterk in ons program.

Talle nasionale en selfs internasionale ras-kampioenskappe word hier aangebied, in geriewe wat letterlik met die bestes in die wêreld vergelyk. Uitstaande gehalte uitstallings deur vindingryke en toonaangewende instansies en organisasies van Lichtenburg en landswyd, verseker dat man, vrou en kind met entoesiasme die nuutste produkte op die mark kan besigtig en kan bekom. Uitstekende kos en fantastiese blyplek in ‘n atmosfeer wat net die platteland kan bied bly ook nie agterweë nie.

Ten spyt van klem op die landbou is dit die komitee se missie om jaarliks ‘n geleentheid aan te bied wat iets vir almal bied, deur ‘n vol besette arena program, net die beste vermaaklikheidskunstenaars, uithourit perde, ens.

Ons blommeskou wat met die bestes kan kompeteer en ‘n kinderkuns wat baie goed ondersteun word dra by om in alle behoeftes te voorsien.

Hierdie komitee dink progressief en handel ook daarvolgens en daarom kan ons roem op dinamiese vooruitgang.

Comments are closed.